Update
DYSSELSDORP RUGBY NUUS - Dysselsdorp Rangers het Saterdag sy agtste oorwinning in die SWD/Karoo-streekkompetisie behaal toe hy Young Leaves op Waboomskraal met 36-7 geklop het.
Rangers het rustyd reeds met 22-0 voorgeloop en altesaam ses drieë aangeteken.
Die grondslag vir Rangers se oorwinning is gelê deur sy pak voorspelers. Dié agttal het Young Leaves behoorlik laat kreun in die skrums met die twee stutte, David Coerecius en Eric October, wat meer as hul deel gedoen het.
Drieë vir Rangers is gedruk deur Donnie Makonie, wat 'n skitterende driekuns behaal het, Jason Jantjies, Eric October en Eric Camphor.
Davestine Esau, Ben Gertse en Theo Titus het elk met 'n strafdoel geslaag.
Rangers se grootste uitblinkers vir Rangers was die stutte, David Coerecius, en Eric October, André Fredericks en Eric Camphor. Agterlangs het Jantjies, Makonie en Davestine Esau die oog gevang. Beandré Botha het beïndruk met sy verdediging.
Rangers het eerskomende naweek 'n afdag, aangesien Kango United onttrek het.
Lees 'n vorige artikel: Dysselsdorp Rangers bly op wenpad
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'