DYSSELSDORP RUGBY NUUS - Dysselsdorp Rangers het Saterdag sy agtste oorwinning in die SWD-Karoostreekkompetisie behaal, toe hy Young Leaves op Waboomskraal met 36-7 geklop het.
Rangers het rustyd reeds met 22-0 voorgeloop en altesaam ses drieë aangeteken.
Die grondslag vir Rangers se oorwinning is gelê deur sy pak voorspelers. Die agttal het Young Leaves behoorlik laat kreun in die skrums met die twee stutte, David Coerecuis en Eric October, wat meer as hul deel gedoen het.
Drieë vir Rangers is gedruk deur Donnie Makonie, wat ‘n skitterende driekuus behaal het, Jason Jantjies (loskakel), Eric October (stut) en Eric Camphor (agsteman).
Davestine Esau, Ben Gertse en Theo Titus het elk met 'n strafdoel geslaag.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'