OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Bridgton se A-span kan hulself ongelukkig ag dat dat hulle nie Woensdagaand se SWD Premierligawedstryd teen Crusaders op die die Bridgton-sportterrein gewen het nie.
'n Omstrede besluit deur die skeidsregter tydens die laaste beweging van die wedstryd om 'n aanslaan deur Crusaders nie aan die tuisspan toe te ken nie, was uiteindelik die verskil tussen wen en verloor.
Volgens honderde toeskouers wat die wedstryd bygewoon het, was speeltyd ook glo reeds verstreke. In daardie stadium het Bridgton met 31-27 voorgeloop en op koers vir 'n oorwinning.
Crusaders het egter na die omstrede aanslaan die bal hersirkuleer en 'n drie in die hoekie gedruk om Bridgton-ondersteuners se harte te breek om die wedstryd met 32-31 te wen.
Hoe dit ook al sy, beleef Bridgton-rugbyklub se A-span tans 'n opwaartse kurwe nadat die span vanjaar reeds 10 wedstryde in dié liga verloor het.
Hierdie skielike oplewing in Bridgton se spel gaan gepaard met 'n onlangse besluit deur die senior spelers van dié klub om Eldridge van Dyk as afrigter van die A-span aan te stel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'