Update
OUDTSHOORN NUUS - All Blacks-rugbyklub van Oudtshoorn se voorlopige skorsing uit die SWD Presidentsliga is verlede Woensdag na ‘n tugverhoor by die SWD-rugbyunie se kantore op George opgehef.
Die skorsing het gespruit uit ‘n foto wat in ‘n koerant verskyn het waarin ‘n lewenslange geskorste speler (Marius Coetzee) met All Blacks spelers en afrigters geposeer het.
All Blacks het Saterdag sy terugkeer na die SWD Presidentsliga met ‘n oorwinning oor Willomore United op Willomore gevier nadat hulle dié span met 35-24 geklop het.
Lees 'n vorige artikel: All Blacks-rugbyklub voorlopig geskors
All Blacks-rugbyklub van Oudtshoorn se voorlopige skorsing uit die SWD Presidentsliga is opgehef.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'