SPORT NEWS - Thony Cleophas (58), bekende veteraanatleet van Oudtshoorn, het twee weke gelede gewys dat daar sommer nog hope murg in sy bene is toe hy in die 14de plek klaargemaak het by die Sanlam Peace-10 km-marathon.
Volgens Cleophas, wat voltyds by Watson en Brink-apteek werk, het daar vanjaar 14 000 atlete aangetree en het hy in die 50 tot 59 kategorie meegeding.
Cleophas sê dat hy baie tevrede is met sy tyd van 44 minute en 44 sekondes en hoop hy om volgende jaar selfs beter te vaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’