OUDTSHOORN SPORTNUUS – Pieter Van der Walt was Saterdag die wenner van die 326ste Oudtshoorn-parkrun by Surval met 'n tyd van 20 minute 26 sekondes en het daarmee ook sy eerste Parkrun-sege agter sy naam geskryf.
Michael Rorke was tweede, met Gerhard van Jaarsveld in die derde plek. Ninke Griffioen was die vrouewenner met 'n tyd van 29 minute 43 sekondes.
Die voorste tien atlete van Saterdag se 57 deelnemers was:
- Pieter van der Walt (20:28)
- Michael Rorke (21:16
- Gerhard van Jaarsveld (22:19)
- DW Botma (23:21)
- Julian Londt (24:40)
- Pieter Meiring (26:12)
- Petrus Geldenhuuys (27:19)
- PA Geldenhuys (28:57)
- Luyanda Femela (29:38)
- Ninke Griffioen (29:52)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'