OUDTSHOORN NUUS - Hoërskool Oudtshoorn (Struisies) het Saterdag 5 Mei die eerste been van die 2018 SWD-trompoppieseisoen se Hoërskole-afdeling in Oudtshoorn gewen.
Bridgton Senior Sekondêr het die tweede plek in die Hoërskole-afdeling behaal.
In die laerskole-afdeling was Laerskool van Reede die wenners, met Sacred Heart Primêr wat die tweede plek behaal het. Bridgton Senior Sekondêr, Môrester Sekondêr, Struisies en Hoërskool De Rust het in die afdeling vir hoërskole meegeding. Van Reede, Sacred Heart, Colridge Primêr en PJ Badenhorst het aan die laerskole kompetisie deelgeneem.
Van Reede Junior Primêr was die enigste junior primêre skool wat deelgeneem het.
Die kompetisie bestaan uit drie bene, waarvan die tweede op Saterdag 26 Mei plaasvind.
"Die kompetisie is goeie voorbereiding vir die nasionale trompoppiekampioenskap wat van 30 Junie tot 7 Julie op Oudtshoorn plaasvind," het Jonathan Wicomb, ondervoorsitter van die SWD-trompoppievereniging, Dinsdag gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'