Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn provinsiale skaak-kampioenskap het die afgelope naweek 38 deelnemers as deel van die Oudtshoorn-sportfees gelok.
Spelers van Eden, Oostelike Provinsie en sover as De Aar het na Oudtshoorn gereis om deel te neem. Kulasande Mafanya het van Oos-Londen geryloop om aan die sportfees-skaak deel te neem. Hy het 'n algehele vierde plek behaal.
Een van die organiseerders, Jurgen Coetzee, het vir Mafanya verblyf gegee en die Oudtshoorn-munisipaliteit, in samewerking met die sportfees-organiseerders het sy buskaartjie terug huis toe betaal.
Die eerste twee spelers, Keegan Campher en Terwin Louw is van Oudtshoorn. Die enigste vrouedeelnemer, Suné Swart, het 'n algehele 14 de plek behaal.
Die eerste tien plekke is as volg ingeneem:
- Keegan Campher
- Terwin Louw
- Frederick Odendaal
- Kulasande Mafanya
- Tyler Nevin
- Gregory Wolmarans
- Rauen le Grange
- Claude van Heerden
- Heinrich Oliphant
- Glenwell Malgas
Lees 'n vorige artikel: Skaakspeler ryloop om aan sportfees deel te neem
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'