OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Oudtshoorn provinsiale skaakkampioenskap het die afgelope naweek 38 deelnemers as deel van die Oudtshoorn-sportfees gelok.
Spelers van Eden, Oostelike Provinsie en sover as De Aar het na Oudtshoorn gereis om deel te neem. Kulasande Mafanya het van Oos-Londen geryloop om aan die sportfees-skaak deel te neem. Hy het 'n algehele vierde plek behaal.
Een van die organiseerders, Jurgen Coetzee, het vir Mafanya verblyf gegee en die Oudtshoorn-munisipaliteit, in samewerking met die sportfees-organiseerders het sy buskaartjie terug huis toe betaal.
Die eerste twee spelers, Keegan Campher en Terwin Louw is van Oudtshoorn. Die enigste vrouedeelnemer, Suné Swart, het 'n algehele 14 de plek behaal.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'