Nortier is `n lid van die Suid-Afrikaanse Radiobeheerde Vliegtuigspan wat aan die Wêreldkampioenskappe in Switzerland deelgeneem het. Hy beklee ook tans die 32ste posisie op die wêreldranglys.
Rabie het haar merk op die rugbyveld gemaak. Sy was `n lid van die Suid-Afrikaanse Vrouerugby-span wat aan die Viernasie Toer-nooi in Amerika deelgeneem het. Sy was ook lid van die Suid-Afrikaanse Vrouerugbyspan wat teen Uganda in `n wêreldbeker kwalifiserende wedstryd gespeel het en sy het die SWD Eagirls in beide die 15- en seweskodes verteenwoordig.
Ander genomineerders vir senior sportman van die jaar was Dawid Blom wat `n bronsmedalje gewen het in Continuous Light Contact Kickboxing by die WTA Wêreldkapioenskappe in Tuscany, Italië. Hy het ook twee goue en een silwermedalje gewen by die South African Sport Combat Nasionale Kampioenskappe.
Marcello Piedt was `n lid van Krieket Suid-Afrika se nasionale akademie in 2013. Hy het vanjaar, in sy debuutseisoen, 59 eersteklas paaltjies geneem, `n nuwe Suid-Afrikaanse rekord vir `n bouler in sy debuutseisoen. Hy was ook die voorste bouler in plaaslike eer-steklaskrieket vanjaar.
Genomineerders vir senior sportvrou van die Jaar was Anita Wheeler wat `n silwermedalje gewen het in Light Continuous Fighting by die South African Sport Combat Nasionale Kampioenskappe en Lo-Ann Oosthuizen wat `n bronsmedalje verwerf het as lid van die senior Protea Karatespan by die Statebond Karatekampioenskappe in Kanada. Sy was ook lid van die Suid-Afrikaanse span wat aan die Wêreld Goju Ryo Karatekampioenskappe deelgeneem het en sy het `n bronsmedalje verwerf by Karate Suid-Afrika se Alle Style Nasio-nale Kampioenskappe verwerf.
Morné Nortier beklee die 34ste posisie op die wêreldranglys vir kunsvlieg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'