OUDTSHOORN NUUS - Bill Scheepers (83) is onlangs as Oudtshoorn-rolbalklub se senior enkelkampioen gekroon.
Scheepers sê dat hy al 35 jaar lank rolbal speel en was al 10 keer enkelkampioen by verskeie klubs in Suid-Afrika wat die SA Vloot, SA Weermag, Kaapstad, SA Weermag nasionale kampioen, Randburg en Sables insluit.
Hy was ook al meesterskampioen by verskeie klubs.
Volgens Alewyn Hanekom van Oudtshoorn-rolbalklub is Scheepers 'n inspirasie vir elke rolbalspeler.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'