OUDTSHOORN NUUS - Die vyftienjarige Matthew van Coller van die Eden-span het Saterdag 'n nuwe SA tweekamprekord opgestel en nog 'n Eden-atleet, die veteraan Denise de Jong, is as vitrix ludorum aangewys. Van Coller se rekord moet nog deur SA tweekamp bekragtig word.
Tussen die 43 atlete van Eden wat deelgeneem het, het hulle agt medaljes Saterdag se interprovinsiale byeenkoms ingepalm. Die OP interprovinsiale byeenkoms het Saterdag in Port Elizabeth plaasgevind met 43 deelnemers in die Eden-span.
Die ander provinsiale spanne was: Grens, OP, Griekwas en Vrystaat. Die hardloopkomponent is op die Westbourne Oval afgehandel terwyl die swem in die Newton Park swembad beslis is. Oostelike Provinsie het die spankompetisie gewen met Eden tweede en Grens derde.
Daar was afstandsaanpassings in die sommige ouderdomsgroepe en die afstande in die hardloop vir seuns o.15, seuns.17, seuns.19 en senior mans is na 1 600 m verander.
Walter Lutch (veterane mans) ontvang sy goue medalje.
Anlize Vermeulen (dogters o.19) en Denise de Jongh (veterane dames) het goue medaljes in hulle ouderdomsgroepe behaal.
Die agt medaljewenners van die Eden-span is as volg:
Goud:
- Matthew van Coller sowel as SA rekord (seuns o.15)
- Anlize Vermeulen (dogters o.19)
- Walter Lutch (veterane mans)
- Denise De Jongh (veterane dames)
Silwer
- Emma Loubser (dogter o.8)
- Nina de Jongh (dogters o.9)
- Ryan Nagel (seuns o.9)
Brons
- Reynard Jansen van Rensburg (seuns o.19)
Die SWD Tweekampspan in Port Elizabeth.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'