ROLBAL NUUS - Die bestes van die bestes gaan môre, Vrydag 10 Maart, op die rolbalbaan by Outeniqua-rolbalklub, Heatherpark, kragte meet.
Bykans 200 spelers in agt spanne vanoor die land, is sedert Maandag aan die meeding by die Rolbal SA Veteraan Interdistrikskampioenskap wat by George en Oudtshoorn aangebied is.
Die wenners van die twee seksies sal Vrydagmiddag omstreeks 13:30 by die Outeniqua-rolbalbaan teen mekaar speel om 'n wenspan te bepaal.
Enigeen is welkom om die middag by te woon en die spanne te ondersteun. Die pryswennerseremonie sal kort na die wedstryd by die klub plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'