OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die Oudtshoorn-rolbalklub bied vanaf 6 en 8 Oktober hul gewilde rolbalsakeliga vir die eerste keer sedert inperking aan.
Al die wedstryde sal op Dinsdae en Donderdae plaasvind met die finaal wat op 18 November gespeel sal word.
Hierdie kragmeting is die ideale geleentheid vir besighede om span te bou en ook om heerlik sosiaal met mekaar te verkeer.
Werknemers van besighede, asook vriende en familie van deelnemers word genooi om hul spanne te gaan ondersteun. Na die ses weke se spel sal die wenspan met prysgeld van R1 000 wegstap. Die tweede prys is R8 00 en die derde prys R600. Gratis ete sal na die wedstryde vir die spelers verskaf word.
Die reëls is as volg:
- Wedstryde word oor 12 koppe beslis.
- Spelers moet op die vasgestelde dae om 17:00 aanmeld vir 18:00 wanneer spel begin.
- Slegs drie spelers per span mag deelneem in plaas van die normale vier.
- Spanlede mag wissel.
- Spelers wat al gespeel het maar nie meer aan die klub behoort nie, mag wel speel.
- Die klub sal afrigters en helpers voorsien, waar nodig.
- Geen toeskouers sal toegelaat word nie.
Vir enige navrae kontak Jan van Niekerk by 083 731 6869.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'