Gallery Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Twee Oudtshoorniete, Louis Visser en Marshall Hendricks het die eerste twee plekke in die 2017 Timbercity Cycle Tour op Oudtshoorn losgetrap.
Visser, spanlid van Dimension Data Continental, wat van April tot Junie in Italië gebaseer was en aan padfietsrenne in Europa deelgeneem het, het Sondag vir die eerste keer weer in sy tuisdorp kompeterend deelgeneem.
Hy het die 104 km Timbercity Cycle Tour gemaklik in 'n tyd van 2:55:16 gewen. Sy oefenmaat, Marshall Hendricks (2:56:41) was tweede.
Die SA-kampioen ryer, Anriette Schoeman (2:58:06), was die eerste vrou oor die eindstreep.
Twee plaaslike ryers, Yolande de Villiers (2:58:07) en Fienie Barnard (3:05:58) het die tweede en derde vroue-podiumposisies losgetrap.
Van die 21 kategorieë waarin gekompeteer is, het Oudtshoorn-ryers 11 eerste plekke ingeneem en 19 podiumposisies verower.
Willem Serfontein en Kobie Terblanche (Cycle Addict) het hul kameraadskap bewys en die eerste plek in die tandem-kategorie ingeneem.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'