OUDTSHOORN NUUS - Twee Struisie-netbalspeelsters Mangi Maphidzhe en Anlize Vermeulen het op 21 en 22 Julie aan die Wes-Kaapse interdistrikte netbaltoernooi te Hoërskool Hugenote in Wellington deelgeneem.
Maphidzhe was in die o.17 Eden span en Vermeulen in die o.16 Edenspan. Hulle het die beste van al die Edenspanne gevaar deur beide bronsmedaljes te verower.
Die o.17 Edenspan het vyf van hul sewe wedstryde gewen (teen Overberg, Weskus, Sentraal Karoo, Dolphins en Cape Winelands. Hulle het teen WP Disas en WP Doves verloor.
Die o.16 Edenspan het ook vyf van hul sewe wedstryde gewen (teen Weskus, WP Doves, Dolphins, Overberg en Sentraal Karoo. Hulle het teen WP Disas en Cape Winelands verloor.
Struisies se leerkragte is dit eens dat die hele skool trots is op hierdie twee meisies en glo hulle het die geleentheid baie geniet.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'