OUDTSHOORN ROLBALNUUS - Laerskool Wesbank 1 se rolbalspan is na ses weke se spel met 24 punte as kampioene van die Oudtshoorn-rolbalklub se sakeligatoernooi gekroon.
Verlede jaar se wenners, Helende Woord, was met 20 punte in die tweede plek gevolg deur Volmoed Beginners wat in die derde posisie geëindig het.
Die wenspan het vanjaar met prysgeld van R2 000 weggestap. Die tweede prys was R1 000 en R500 vir die derde plek.
Alewyn Hanekom van die Oudtshoorn-rolbalklub het die spelers en die borge bedank en gesê dat enigeen welkom is om enige dag van die week gratis balle by die klub te kom rol. Die klub sal elke middag vanaf 17:00 oop wees vir belangstellendes.
Die volgende sakeliga begin weer later in Oktober vanjaar.
Die toptien spanne is as volg:
- Laerskool Wesbank 1
- Helende Woord
- Volmoed Beginners
- Du Plessis Motors
- Blacklist Security
- HCSC
- Kannie Worry
- Timbercity
- Riempie
- Jody Mulder Financial Solutions
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'