OUDTSHOORN NUUS - Altesaam 10 lede van die Jikkaido-karateklub het Saterdag tydens die Wes-Kaapse karate proewe by die De Jager-sportkompleks medaljes verower.
Sensei Avril Maarman, eienaar en instrukteur van dié klub, het aan die Oudtshoorn Courant gesê dat sy baie trots op haar karatekas is en dat dié proewe ideale voorbereiding vir die nasionale karatekampioenskappe is wat volgende jaar Maart in Kaapstad en Durban sal plaasvind.
Die karatekas wat medaljes verwower het is:
- Daetania de Laan (goud)
- Jemorlin Olivier (goud)
- Shane May (silwer)
- Sue-Alice Gysman (brons)
- Heinrich Sampson (brons)
- Sarah-Jane Lewis (brons)
- Sheree Sampson (brons)
- Lleythan Smit (brons)
- Luciano Constable (brons)
- Gio Bruintjies (brons).
Die karatekas van die Jikkaido-karateklub wat Saterdag tydens die Wes-Kaapse karateproewe by die De Jager-sportkompleks medaljes verower het. Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoon, Klein Karoo nuus'