OUDTSHOORN NUUS - Sewe skopboksers van Grebe-skopboksklub het die afgelope naweek SA titels gewen by die nasionale skopbokskampioenskappe wat in Potchefstroom gehou is.
Na afloop van hierdie kampioenskappe sal 'n nasionale span gekies word wat aan die WAKO Wêreldkampioenskappe sal deelneem.
Ranger Grebe, eienaar en afrigter van die klub, het gesê dat Oudtshoorn trots kan wees op hierdie jongmense wat deur middel van harde werk, sukses bereik het.
"Hierdie prestasie dra die klub op aan ons Hemelse Vader en Koning. Baie dankie vir al die ondersteuning en elke donasie van ons dorp se besighede, vriende en familielede wat dit vir ons skopboksers moontlik maak om te kan ontwikkel en op die hoogste platforms te kan deelneem," het hy gesê.
So het die agt skopboksers gevaar:
Dirk Harold Mostert (twee goud)
Divan van Deventer (goud)
Simon Greeff (twee silwer en een brons)
Audan Olivier (silwer)
Divan Rademeyer (goud en brons)
Wian Grebe (goud, silwer en brons)
Anado Olivier (goud)
Chaunique Bruce (goud en brons)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’