Update
OUDTSHOORN NUUS - Die eerste van 'n reeks van drie Hybrid Track Winter-fietsrenne het die op Sondag 17 Junie, op die ovaalbaan in Oudtshoorn plaasgevind.
Corné Botha van Jakhals Events sê: "Soos die naam aandui is hierdie 'n unieke reeks fietsrenne. Omdat daar nie 'n fietsrybaan in Oudtshoorn is nie, het Jakhals Events die inisiatief geneem om baanfietsryitems en renne op die ovaalbaan aan te bied."
Slegs bergfietsrenne vind in die reeks plaas. "Alhoewel ryers op hul bergfietse ry, word baanitems soos individuele tydtoetse, bondelritte en die baie gewilde 'the devil get the hind' aangebied, presies soos wat dit in die velodrome sou wees."
Botha verduidelik dat dit baie veilig en toeskouervriendelik is. Hy nooi die publiek uit om gratis te kom kyk hoe ryers mekaar die stryd aan sê.
Die volgende renne is vir 8 en 22 Julie geskeduleer. Op beide dae sal die renne om 13:00 begin.
Die afgelope Sondag se byeenkoms het bykans 50 ryers gelok. Alrie Eloff (5) was die jongste deelnemer.
Verskeie van die Eden Akademie-ryers, asook ryers wat opgeneem is in die Eden-fietsrysspan, was ook in aksie.
Volledige uitslae sal eers na die derde ren bekend gemaak word.
Deelnemers in 'n bondel voor iemand kon wegbreek.
Louis Visser (snr.)
Alrie Eloff (5) was Sondag die jongste deelnemer.
Lees 'n vorige artikel: Fietsryreeks begin op ovaalbaan
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'