OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die eerste van ‘n reeks van drie Hybrid Track Winter-fietsrenne het die afgelope Sondag, 17 Junie, op die ovaalbaan in Oudtshoorn plaasgevind.
Corné Botha van Jakhals Events sê, "Soos die naam aandui is hierdie ‘n unieke reeks fietsrenne. Omrede daar nie 'n fietsrybaan in Oudtshoorn is nie, het Jakhals Events die inisiatief geneem om baanfietsry items en renne op die ovaalbaan aan te bied."
Slegs bergfietsrenne vind in die reeks plaas. "Alhoewel ryers op hul bergfietse ry, word baanitems soos individuele tydtoetse, bondelritte en die baie gewilde 'the devil get the hind' aangebied, presies soos wat dit in die veledrome sou wees."
Botha verduidelik dat dit baie veilig en toeskouervriendelik is.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'