ROLBALNUUS - Eden-rolbal het verlede Saterdag sy enkelspelkampioenskappe vir beginners vir die eerste keer in Riversdal aangebied.
Dié beginnerstoernooi is ook op ander bane in Eden aangebied.
Hugo Redelinghuys het gaan inloer by die plaaslike rolbalbaan om die aksie van Riversdal en Stilbaai se spelers af te neem.
Francois Damons in aksie.
Riaan van Deventer val die wit bal aan.
Carel Versfeld van Stilbaai is die ene konsentrasie met dié aflewering.
Pieter Kleynhans buk laag om sy bal weg te stuur.
Die jong Chaldré Saayman het die potensiaal om in 'n goeie rolbalspeler te ontwikkel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'