OUDTSHOORN NUUS - Eden-tweekamp het ’n nuwe handevatprojek van stapel gestuur om erkenning te gee aan die instansies en individue wat oor die jare ’n belangrike rol in die bevordering van tweekamp en sport in Oudtshoorn en omliggende dorpe gespeel het.
Die organisasie het deur die jare sterk vennootskappe en goeie verhoudings met verskeie ondersteuners opgebou.
As deel van die projek word dié instansies en individue met erkenningsertifikate bedank vir hul volgehoue ondersteuning.
Die jongste ontvangers is Jakhals Event Management, Santa Fe Spur, die Departement van Kultuursake en Sport (DCAS), Oudtshoorn en De Rust toerisme, en Hoërskool Oudtshoorn.
Dave van der Walt, operasionele bestuurder van Eden-tweekamp, het die erkenning onderskeidelik aan Corne Botha, Basjan van der Spuy, Trompie Fourie, Jean Neethling, Corleen Barnard en Gerrit Rudolph oorhandig.
Eden-tweekamp bedank al die betrokkenes vir hul ondersteuning en samewerking oor die jare en spreek die hoop uit dat dié vennootskappe in die toekoms verder sal groei.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’