OUDTSHOORN SPORTNUUS - Ryan Mpahlele het verlede maand geskiedenis gemaak toe hy die eerste atleet ooit geword het wat al drie Eden-straatmylreekse se bene (Klein-Karoo, Swartberg en ATKV) binne 'n bestek van vyf dae onder vier minute, oftewel 'n droommyl, kon hardloop.
In die proses het Mpahlele ook beide die baan- en roete-rekords verbeter.
Tesame met Carina Viljoen wat al drie die bene oorheers het, is dié twee atlete ook uiteindelik as die Grand Prix-wenners van die Eden-straatmylreeks gekroon.
Vir die eerste keer in die geskiedenis word vier minute myle by die ATKV Straatmyl in Hartenbos gehardloop (Mpahlele 3:58. 03 en Jerry Motsau 3:58.52). Lloyd Bosman en Caitlin Cawood is as die beste SWD-atlete aangewys. ASICS-skoenvervaardigers het ook vyf paar hardloopskoene geborg vir opkomende ontwikkelingsatlete.
Al die aktiwiteite het onder streng Covid-regulasies plaasgevind.
Carina Viljoen
Verwante artikel: Droommylkoning, Ryan onkeerbaar
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'