Update
OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn se dominospelers het mekaar behoorlik opgedreun by die Oudtshoorn-sportfees se dominokompetisie wat verlede Saterdag in die funksiesaal by die Rec aangebied is.
Die span van die Duduza-dominoklub het met die louere weggestap na sy oorwinning van 2-1 oor die Dragons in die eindronde.
Duduza het die Rottweilers in een halfeindstryd uitgeskakel en Dragons het die Rooikatte in die ander halfeindstryd gewen.
Elf plaaslike dominoklubs, Dragons, Duduza, Eagles, Neppon, Rooikatte, Rottweilers, Lazers, Golden Stars, Vikings, United Warriors en die Tornadoes het mekaar die stryd aangesê.
Volgens Clement Rex, voorsitter van die Oudtshoorn-dominovereniging en koördineerder van die toernooi, was dit 'n baie geslaagde kompetisie wat in 'n goeie gees plaasgevind het.
Lees 'n vorige artikel: Dominokampioenskap op Oudtshoorn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'