OUDTSHOORN NUUS - Elf spanne het op Oudtshoorn aan die Eden-distrik dominokampioenskap deelgeneem.
Die kampioenskap het Saterdag 23 Junie op die Rec in die onthaalsaal plaasgevind.
Dragons het die Rooi Katte en Duduza die Rotweilers in die twee halfeindstryde gewen. Duduza het die eindstryd gewen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'