Vrydag en Saterdag kon ruiters, fietsryers, drawwers en stappers hulle aan die natuurskoon buite Oudtshoorn verlustig terwyl die kompetisie ook nie agterweë gelaat is nie.
Bianca le Grange was die eerste vrou oor die wenstreep in die 6 km-stap en Frikkie Bruwer die eerste man. Die eerste vrouedrawwer was Martinique Snyman en John April die eerste man. Onder die fietsryers was Elizabeth Botes die eerste vrou, Janno van Antwerpen die eerste man.
Die naweek se hoogtepunt was die perde-uithouritte: Kursty Masterson was die eerste junior ruiter oor 80 km. Donovan Dreyer was die eerste ruiter in die 80 km standaardgewigsklas en Antionette de Swardt het geseëvier in die 120 km-uithourit.
Ander hoogtepunte van die naweek was Eljada Skool se deelname aan die fietsry- en stap-items asook die bekende inwoner, Hazel Jonker wat `n groep kinders gebring het om saam aan die stap deel te neem.
Waterpunte vir drawwers en stapper is geborg deur Du Plessis Motors, Klein Karoo Toyota en Oudtshoorn Nissan. Die naweek se hoofborge was De Zeekoe Gasteplaas en Klein Karoo Internasionaal.
Petrus van der Merwe op sy perd Baruch en Antionette Botes op haar perd, Mont Blanc August, is twee van die ruiters wat verlede naweek aan die De Zeekoe perde-uithourit deelgeneem het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'