Update
Die Oudtshoorniet Fienie Barnard, het verlede Saterdag die 36ONE MTB se vroueafdeling in 'n tyd van 18:08:57 gewen.
Met hierdie oorwinning het Barnard haar titel, wat sy verlede jaar tydens dieselfde resies verower het, suksesvol verdedig.
In die mansafdeling het verlede jaar se naaswenner, Dusty Day, wat al die pad van Klerksdorp is, met die louere in 'n indrukwekkende tyd van 15:18:14 weggestap.
Die 36ONE Challenge, wat ook een van Suid-Afrika se grootste bergfietswedrenne is, het verlede Vrydagmiddag om 15:00 vanaf Kleinplaas-vakansieoord weggespring.
Dié uitdagende sirkelroete wat 360° om Oudtshoorn beslaan, is 361 km lank en deelnemers het 'n maksimum van 36,1 ure om dié wedren te voltooi.
Uitslae van die mansafdeling:
- Dusty Day
- Braam Wannenburg
- Timo Cooper
Uitslae van die vroueafdeling:
- Fienie Barnard
- Jenny Close
- Bianca Cooper
Dusty Day was vanjaar bobaas in die mansafdeling nadat hy verlede jaar met die tweede plek tevrede moes wees.
Vorige artikel: Barnard en Day wen 36One MTB Challenge
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'