OUDTSHOORN NUUS - Tyron-Lee Andries (18), van Langenhoven Gimnasium en Oudtshoorn-parkrun rekordhouer, het verlede Saterdag se 298ste parkrun met 'n tyd van 16 minute en 28 sekondes gewen, slegs 22 sekondes stadiger as sy rekordtyd van 16:06, wat hy vroeër vanjaar opgestel het.
William van Tonder, ook van Langenhoven Gimnasium, was tweede met 'n beste persoonlike tyd van 17 minute 58 sekondes met nog 'n junior, Migael Meyer, in die derde plek met 21 minute 15 sekondes.
'n Besoeker, Danelle du Toit, was die vrouewenner met haar tyd van 26 minute en 39 sekondes.
Die voorste 10 drawwers:
- Tyron-Lee Andries (16:28)
- William van Tonder (17:58)
- Migael Meyer (21:15)
- DW Botha (21:46)
- Ulrich Rademeyer (22:44)
- Zack Botha (23:30)
- Ralph Feldman (23:45)
- Johann Coetzer (24:14)
- Rowland Dicks (25:10)
- Harry van Bebber (25:22).
Die Oudtshoorn-parkrun word elke Saterdagoggend by die Surval-olyflandgoed aangebied en deelname is gratis vir oud en jonk. Die wegspringtyd is 08:00 en vanaf 3 September om 07:00.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'