OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Christelike Jeugforum het die afgelope naweek hul jaarlikse Erfenis, sport en kultuurfees op die Bridgton-sportterrein aangebied.
Volgens Phillip Seroux, projekbestuurder, bied die OCJF reeds agt jaar die fees aan. "Die dag het begin met 'n gospel ekstravaganza. Ons het soos gewoonlik verskeie sport aktiwiteite soos sokker, netbal en sewesrugby gehad. Ons het ook gevangenes gehad wat met die besoekers gesels het oor hul lewe in die tronk en hoe die omstandighede is."
Seroux sê kinders het veral die naweek se vermaak met Jannie de Bruyn en Tommy Thomson geniet.
"Ons het gebraai, en daar was ook Rieldansers van Barrydale wat die gehoor vermaak het."
Famsa en die departement van gesondheid was ook deel van die dag gewees.
"Die ondersteuning van die gemeenskap was fantasties. Daar was ook 'n optog teen die misbruik van drank en dwelms gewees. OCJF bedank almal wat deel was en gehelp het om van die dag 'n reusesukses te maak."
Die wenners van die netbal.
Gevangenes het die omstandighede in die tronk met mense gedeel.
Die Lutherse Kerk se orkes het mense vermaak by die jaarlikse Erfenis, kultuur en sportfees. Foto's: Ebenezer Titus
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'