OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Besondere man en gholfspeler, Oom Abrie (Yster) de Vries (91), is op 'n besonderse wyse deur die Oudtshoorn Rotariërklub vereer vir sy prestasies behaal op die Oudtshoorn-gholfbaan.
Tydens Vrydagaand 3 November se Rotariër-gholfdag prysuitdeling, het die Oudtshoorn Rotariërs se president, Suné Rupping, 'n sertifikaat aan De Vries oorhandig om erkenning aan sy prestasies te gee.
Hy was 'n lid van die Oudtshoorn-gholfklub van 1995 tot 2016.
Op 5 Desember 2016 het hy sy laaste ronde gholf op die ouderdom van 90 gespeel.
Drie maande voor sy laaste ronde gholf, op 26 September 2016 het hy 90 houe, dieselfde as sy ouderdom gespeel.
Die prestasie om dieselfde aantal houe, of minder as sy ouderdom te speel, het hom 33 keer te beurt geval.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'