OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Morné Els en Theo Peet het verlede Woensdag die Oudtshoorn-sakekamer se 4BBB Stableford-gholfdag met 'n telling van 45 punte gewen. Dié dag was deur FMZ Cellular geborg en het altesaam 59 spelers gelok.
Francois Verwey en Lollie van Rensburg was in die tweede plek met 44 punte gevolg deur Garth Matthews en William Malgas (44 punte) wat derde geëindig het.
William Malgas het 'n volmaakte gelukskoot op die agste putjie aangeteken.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'