OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Die 11-jarige Luan Mortlock het verlede Saterdag die Oudtshoorn-gholfklubtoernooi by die Oudtshoorn-gholfbaan met 'n telling van 45 punte gewen.
Luan volg in die voetspore van sy pa, Rudi, en oom Jaco wat self ook kranige gholfspelers is en in die verlede verskeie gholftoernooie gewen het.
Celeste Barnard was in die tweede plek met 42 punte gevolg deur Billy Capel wat derde geëindig het.
Die dag het 38 spelers gelok en is in die enkel Stableford-formaat beslis.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'