OUDTSHOORN NUUS - Lategansvlei-sokkerklub het verlede naweek 'n oorwinning van 1 - 0 teenoor hul teenstanders van Oudtshoorn, Arsenalsokkerklub in 'n opwindende wedstryd behaal.
Die wedstryd is by die bekende Alte Försterei 2-stadion in Lategansvlei gespeel. Volgens die organiseerder van die wedstryd, Dario Urbanski, is die wedstryd onder spreiligte gespeel wat om 07:30 afgeskop het.
Dit was 'n klipharde wedstryd met beide spanne wat nie bes wou gee nie.
Lategansvlei kon eers in die 70ste minuut van spel daarin slaag om die besoekers se verdediging te troef toe hulle 'n doel teen die verloop van spel aangeteken het.
Urbanski het Henry Booysen, Gustav en Luzet Reuter vir hul betrokkenheid bedank.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’