OUDTSHOORN NUUS - Saterdag se (OLFA) Oudtshoorn Plaaslike Sokkervereniging derby-ligawedstryd tussen Athletico en Bongolethu-sokkerklubs by die Bridgton-sportterrein het vir groot opwinding gesorg.
Alhoewel die manne in blou (Athletico) 'n aanvanklike agterstand van een doel moes uitwis, het hulle uiteindelik die wedstryd gemaklik met 5-2 gewen.
In die eerste helfte was dit Bongolethu wat met groot akkuraatheid die bal tussen sy spelers versprei het. Bongolethu se goeie dribbelvaardighede het Athletico vir lang periodes van balbesit gestroop wat een doel vir Bongolethu in die eerste helfte meegebring het.
Atheletico het egter stadig maar seker uit Bongolethu se wurggreep losgewikkel en die eerste helfte met twee doele afgesluit. Die halftydtelling was dus 2-1.
In die tweede helfte het Athletico op alle silinders gevuur en vier doele aangeteken wat die wedstryd effektief buite Bongolethu se bereik geplaas het. Bongolethu kon in die laaste minute slegs 'n troosdoel aanteken, maar toe was die koeël reeds deur die kerk.
Vir Athelico het Edward Ewerts (twee doele), André Willemse, Shaun Hendricks en Luvuyo Gagu doele geskop.
Atheletico se volgende wedstryd is eerskomende Saterdag teen De Rust United in Dysselsdorp. Tot dusver het die manne in blou drie wedstryde in dié liga verloor, drie gelykop gespeel en vier gewen.
: Luvuyo Gagu bring die bal netjies onder beheer. Foto’s: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'