OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Die Neppon Warriors-vlakkiekrieketspan het op Mandela Park (veld langs die Bridgton-kliniek) die gevreesde Firestones hul derde agtereenvolgende loesing van die OPL-vlakkiekriekettoernooi toegedien.
Die Warriors daarenteen is tot dusver een van die spanne in die toernooi wat onoorwonne is.
Die Warriors het eerste gekolf en 81 lopies in sy toegelate 20 boulbeurte aangeteken waarna die manne in rooi slegs 80 lopies vir die verlies van vyf paaltjies op die telbord kon plaas na hul kwota boulbeurte voltooi was.
Hierdie nederlaag beteken dat die Firestones nou al hul oorblywende groepwedstryde moet wen om enige kans te staan op om vir die kwarteindrondes te kwalifiseer.
Ayabonga Ngundu word skoon geboul.
Clinton Goliath het ses paaltjies vir 25 lopies platgetrek.
Jadriaan Plaatjies van die Firestones maak sy skouers oop.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'