OUDTSHOORN NUUS - Lee Henry Meyer, wat in die 2025 SWD ligakompetisie 28 paaltjies platgetrek het, is verlede Vrydagaand tydens Union Stars-kieketklub se jaarlikse prysuitdeling in die lapa van die Oudtshoorn Vaardigheidskool, as die klub se speler van die seisoen aangewys.
Meyer het in die eindstryd teen Mosselbaai ses paaltjies vir 40 lopies platgetrek, iets wat nie sommer maklik gebeur nie, en daarmee gehelp dat sy span weer vanjaar die Premierligakampioene van die SWD is.
Die span wat die liga met 'n sewe paaltjie oorwinning oor Mosselbaai gewen het, het die Simon en Daphne Swigelaar-wisseltrofee ontvang vir dié prestasie, terwyl die klubvoorsitter, adv. Michelle Weyers, aangewys is as die administrateur van die jaar.
Die jong Caleb Jacobs het die Eugene Pele Piedt-toekenning ontvang vir die mees toegewyde lid van die klub.
Die klub het Vrydagaand, 16 Mei, ook afskeid geneem van twee van sy beste vrouespelers oor die afgelope jare, Jane Winstor en Micaela Andrews, wat na ander provinsies verhuis.
Weyers het in haar voorsittersverslag beklemtoon dat dit altyd die klub se doelwit is om elke jaar te probeer beter te vertoon as die vorige seisoen.
"Die naam Union Stars is ons brandmerk en ons doel bly om dit met trots regdeur die land te bemark. Die klub behoort nie net aan die spelers nie, maar aan die gemeenskap van Oudtshoorn.
Dankie aan al ons lojale ondersteuners. Ons wil nie kwaliteit spelers oplewer nie, maar ook rolmodelle in ons gemeenskap. Ons moet rolmodelle op en van die speelveld wees," het sy afgesluit.
Sy het ook haar dank uitgespreek teenoor die klub se borge van die funksie naamlik, Verso, Umusa Foundation, Marlo Transport, Dugald du Plessis, SWD-krieket, die Bridgton-rugbyklub en die Oudtshoorn-munisipaliteit.
Ander toekennings het gegaan aan:
T20 Kompetisie:
Union Stars 1
Beste kolwer: Jean Heunis.
Beste bouler: Yamkela Xakane
Union Stars 2
Beste kolwer: Joviano Tock.
Beste kolwer: Elridge Boysen.
Vroue
Beste kolwer: Micaela Andrews.
Beste bouler: Jane Winster;
SWD Liga toekennings
Beste kolwer: Brayteon Plaatjies.
Beste bouler: Lee Henry Meyer.
Union Stars 2
Beste kolwer: Sipho Wessels.
Beste bouler: James Bruiners.
B-span
Beste kolwer: Keenan Arries.
Beste bouler: Dillan Moos.
Vroue
Beste kolwer: (301 lopies): Haroline Rhodes.
Beste bouler: Julandi Saayman.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’