TUINROETE NUUS - Obus Pienaar, SWD se voorslagkolwer, is die afgelope naweek, tydens SWD se jaarlikse toekenningsfunksie, as die speler van die seisoen aangewys. Die funksie is Vrydagaand by D'Opstal Country Lodge buite Oudtshoorn gehou.
Pienaar het tydens die driedaagse Sunfoil Cup 'n gemiddelde kolfpersentasie van 101 lopies aangeteken. Hy het in die seisoen 909 lopies aangeteken wat vier hondertalle en vier vyftigtalle insluit. Sy beste telling was 186 lopies.
Die o.17 se streekprestasiespan het die toekenning vir verteenwoordigende-provinsialespan van die jaar ontvang.
Jean du Plessis, wat die SA o.19-span by die UCC o.19 Wêreldbeker in Nieu Seeland verteenwoordig het, het die Simon Swigelaar-wisseltrofee vir sy uitstaande prestasie ontvang. Envirino Swartz, van Union Stars, was die premierliga se speler van die seisoen, Mark Vermeulen het die toekenning vir die promosieliga ontvang na hy 908 lopies vir die Knysna Cavaliers tydens die seisoen aangeteken het.
Anver Venter, ook van Union Stars, het die toekenning ontvang vir Reserweliga-speler van die seisoen en Jermaine le Kay, van Harlequin Forces, is aangewys as die T20-speler van die seisoen.
Miceala Andrews het die meeste lopies in die vroueliga aangeteken en ook die meeste paaltjies geneem. Sy het die toekenning vir vrouespeler van die jaar ontvang.
Twee SWD-lede wat tydens die seisoen oorlede is, Wilfred Matthews, voormalige SWD-speler en Eric van der Vyver, President van SWD-krieket in 1994-1995, is ook vereer.
Obus Pienaar, SWD-krieketspeler van die seisoen.
Verdere kategorietoekennings:
- André Isaacs -LSEN-speler van die seisoen
- Duan Roberts - Laerskoolspeler van die seisoen
- Brian Jack - Hoërskoolspeler van die seisoen
- Annerie Dercksen - Dogterspeler van die seisoen
- Miceala Andrews - SWD-vrouespeler van die seisoen
- André Olivier - SWD-skeidsregter van die seisoen
- Angelo Buch (Melkhoutfontein CC) Veldopsigter van die seisoen
Envirno Swartz ontvang sy trofee van Shael Laminie van die visepresident van SWD-krieket.
Spesiale merietetoekennings:
- Matthew Thorne is gekies vir die Coca Cola T20 All Star-span
- Annerie Dercksen is gekies vir die SA Fillies dogters o.19-span
- Brian Jack is gekies vir die Cobras Cubs-span
- Bailey Aarons is gekies vir die Cobra Franchise Colts-span
- Athinkosi Kwitshana is gekies vir die Cobra Franchise Colts-span
- Todd Walker is gekies vir die Cobra Franchise Colts-span
- Jaco Janse van Rensburg is gekies vir die Cobra Franchise Colts-span
- Gurshwin Rabie is aangestel as die afrigter van die Cobras Franchise Colts-span
- Jaco Janse van Rensburg is gekies vir die SA Franchise Colts-span
- Brendon Louw het sy 50ste A-lyswedstryd vir SWD gespeel
- André Olivier is aangestel as skeidsregter vir die CSA-nasionale klubkampioenskappe
- Jean du Plessis is gekies om die SA o.19-span by die ICC o.19-krieketwêreldbeker te verteenwoordig
Elridge Booysen ontvang sy trofee by Rudy Claassen (voorsitter van die SWD-raad).
Die onderskeie liga- en klubwenners wat trofeë ontvang het is:
- Oakdale se o.15 B-span (o.15-promosieliga)
- Outeniqua Hoërskool (o.15-superliga)
- Outeniqua Hoërskool (Coca-Cola T20)
- D'Almeida Hub (o.19-promosieliga)
- Langenhoven Gimnasium (o.19-superliga)
- Union Stars (wenners vroueliga)
- Union Stars B (Reserweliga)
- Knysna Cavaliers (wenners promosieliga)
- Mosselbaai (T20 Knock-Out Competition)
- Union Stars (Primierliga-wenners)
Miceala Andrews, ontvang haar trofee by Michelle Weyers (voorsitter van die SWD-vrouekrieketver-eniging).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Klein Karoo nuus'