OUDTSHOORN NUUS - Die o. 15-vlakkiekrieketspanne van die Legends en Silvertown het mekaar gistermiddag by die oop stuk veld langs die Bridgton-kliniek gepak. Die Legends het eerste gekolf en 96 lopies in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken.
Silvertown se span is in hul kolfbeurt vir 79 lopies uitgeknikker wat aan die Legends ’n oorwinning van 17 lopies besorg het.
Oswald Agulhas was die Legends se beste speler, terwyl Miquel Abrahams met die kolf- en bal vir Silvertown uitgeblink het.
Hierdie wedstryde vorm deel van die Oudtshoorn-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die Oudtshoorn-munisipaliteit se sektor 2, sport-en misdaadvoorkomingsprogram wat tot aan die einde van die komende skoolvakansie sal duur.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'