OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Langenhoven Gimnasium se o.19-A-span is die afgelope naweek as die nuwe SWD Skole T20-kampioene by Hoërskool Outeniqua bekroon.
Vanjaar is die vierde keer dat Langenhoven Gimnasium sedert die toernooi se ontstaan in 2009/2010 dié titel inpalm.
In die kwarteindstryd van die SWD Skole T20-krieketreeks het Langenhoven Gimnasium teen Glenwood House te staan gekom. Gim het eerste kolf en 138 lopies vir die verlies van sewe paaltjies in hul toegelate 20 beurte gemoker met Lleyton Avontuur (57 ) en Arthur Muller (24) wat die beste met die kolf gevaar het.
Glenwood House is daarna vir slegs 89 lopies in die 20ste beurt uitgeboul.
Eaj Carew met drie paaltjies en Arthur Muller asook Rowan Rondganger (elk twee paaltjies) was Gimmies se helde met die bal.
Langenhoven Gimnasium wen die wedstryd met 49 lopies.
Langenhoven Gimnasium A-span.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'