OUDTSHOORN NUUS - Glenton "Tokka" Stuurman, gebore Oudtshoorniet en voormalige SWD-krieketspeler, is vandag deur Krieket SA vir die senior Protea-eendagspan opgeroep.
Stuurman is deel van 'n 24-man groep wat Engeland vanaf 27 November tot 9 Desember in drie T20 en drie eendagwedstryde op Nuweland en Boland Park gaan pak.
Oudtshoorn Courant het reeds in Juliemaand vanjaar berig dat Stuurman Oudtshoorn se beste kans is om in die onmiddelike toekoms 'n Protea-krieketspeler op te lewer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'