Gallery
OUDTSHOORN NUUS - 'n Meesterklas kolfvertoning deur die Cape Cobras se Pieter Malan (106 lopies van 114 balle) was grotendeels daarvoor verantwoordelik dat die Warriors Sondag op die Oudtshoorn-sportgronde met 31 lopies volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode die onderspit gedelf het.
Die Cobras het 274 vir die verlies van ses paaltjies in 49 boulbeurte aangeteken.
Fotogalery: Cape Cobras vs Warriors in Oudtshoorn
Die Warriors is in die 47ste boulbeurt almal vir 245 uitgeboul; wat aan die Cobras 'n oorwinning van 31 lopies besorg het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'