OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die SA Tweekampbestuur het na breedvoerige konsultasie aangekondig dat die SA Tweekampkampioenskappe wat geskeduleer was vir Oudtshoorn op 2 en 3 April 2021, weer gekanselleer is.
Volgens Dave van der Walt, operasionele bestuurder van Eden Tweekamp en ook die voorsitter van die SA2021 Reëlings-komitee, was meer as 90% van die kampioenskappe se organisering reeds in plek.
Dis die tweede keer in net twee jaar dat dié byeenkoms afgestel moet word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'