Drawwers het Donderdag by die Kango-grotte weggespring vir die proloog met die laaste skof wat verlede Sondag by De Hoek voltooi is.
Ettiene Plaatjies was die mans solo-wenner met sy tyd van 05:09:52 oor die vier dae.
Nog 'n Oudtshoorniet, Alvaro de Nobrega (07:18:47), kon met 'n tiende plek spog.
Leilani Scheffer was die solo-vrouewenner met 'n tyd van 06:47:56.
Mauritz Janse van Rensburg en Eddie Lambert (Contego - Sould Running) was die eerste mansspan oor die wenstreep in 06:15:04 en Sally Waterworth en Gail Wilmott (Blu_Smooth) die eerste vrouespan in 07:45:01. Die eerste gemengde span was Micheal en Liza Kingston (32Gi) in 06:52:44.
'n Gros Oudtshoorniete was onder die 69 spanne en 83 solo-drawwers wat die uitdaging verlede naweek aangepak het.
Onder plaaslike bekendes was Hein en Liesl Jonker (Greylands Grunters - 13:59:42), Cornelia Burger en Benita Olivier (Weekend Warriors - 11:34:23), Johan en Johnél van der Westhuizen (J Kwadraat - 11:34:22), Denise Nortier en Nadia Terblanche (Run for Fun - 11:20:39), Josephine Oosthuizen en Ansie Nel (Bums on the Run - 10:38:59), Bonnie Boshoff (12:30:37), Lindré Fouche (10:00:21), Teresa Bester (08:46:05), Sandra Lombard (11:18:26) en Riaan Müller (08:45:23).
Ontwikkeling deel van Dryland-span se fokus
Plaatjies se oorwinning het die fokus laat val op die werk wat deur die Dryland-span verrig word om talent te ontwikkel. Die Fairview Dryland Akademie, waarvan Plaatjies `n produk is, is juis so 'n inisiatief.
Linda Durand, bemarkings- en kommunikasiebestuurder van Dryland Event Management, het verduidelik dat talle plaaswerkers aan sport blootgestel word danksy die akademie.
"Die werkers is van beide die Du Toit- en Fairview-plase. Hulle ontvang fietse, danksy ons samewerking met Giant en neem gratis deel aan Dryland se byeenkomste. Fairview het ook 'n professionele ryer, Adriaan Louw, aangestel om die werkers af te rig."
Vir veldwedlope soos die Traverse word die akademie se net wyer gespan om ook geleenthede te bied aan talentvolle atlete soos Plaatjies.
"Ons bied die atlete die geleentheid om ook aan ander byeenkomste deel te neem en hulle word voorsien van alle toerusting, inksrywingsgeld, verblyf en vervoerkostes en hul jaarlikse voedingsaanvullings word ook voorsien deur 32Gi."
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.

Van die plaaslike bekendes wat aan die Traverse deelgeneem het.
ARTIKEL: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'