GEORGE NUUS - Nie eens ’n ligte reënbui vroegoggend of die mis wat soos ’n kombers oor die eerste kilometer gelê het, kon die gees van die 258 deelnemers demp wat aan Saterdag se George Used Car Parts-padwedloop deelgeneem het nie.
En toe die atlete uiteindelik uit die mis verskyn, was dit die bekende groen kleure van Nedbank wat weer voor uitgeblink het, maar Outeniqua Harriers se ervare brigade het die dag se mooiste verrassings opgelewer.
Dié klub se veterane, meesters en grootmeesters het ongetwyfeld vir die grootste glimlagte gesorg.
Nedbank se Lloyd Bosman en spanmaat Selwyn Matthews het van meet af aan die toon aangegee in die mans ope-afdeling en hul oorwinning met indrukwekkende beheer beklink. Austin Koopman van die Rainbow-klub was derde.
By die vroue het Cherise Carreira van die Boxer-klub die kroon gespan met ’n sterk vertoning wat geen twyfel gelaat het wie hier die vinnigste vrou was nie. Jeanette van den Berg (Outeniqua Harriers) het tweede geëindig met Kristy Weir (Nedbank) in die derde plek.
Onder die jonger geslag het Valentino Loggerenberg (Rainbow) sy mededingers in die junior mansafdeling agtergelaat, terwyl Vanity Marnewick (Outeniqua Harriers) die vinnigste junior vrou was - ’n prestasie wat wys dat die toekoms van George se padwedlope in bekwame hande is.
Christine Jacob's (Nedbank) en Benjamin Swartbooi (Weermag-klub in Oudtshoorn). Foto's: Hugo Redelinhuys | Maurice Wicomb (Oudtshoorn Klein Karoo-klub) lyk nog heel vars nadat hy bykans drie kilometer van die 10 km-padwedloop voltooi het. |
Die topuitslae in die onderskeie afdelings is:
Ope mans- Lloyd Bosman (Nedbank) 32:04.
- Selwyn Matthews (Nedbank) 32:37.
- Austin Koopman (Rainbow) 33:25.
Ope vroue
- Cherise Carreira (Boxer) 41:01.
- Jeanette van den Berg (Outeniqua Harriers) 43:42.
- Kristy Weir (Nedbank) 45:57.
Junior mans
- Valentino Loggerenberg (Rainbow) 35:18.
- Khanyiso Peterson (Nedbank) 36:17.
Junior vroue
- Vanity Marnewick (Outeniqua Harriers) 57:06.
Mans (40 - 49)
- Willard Jussah (Outeniqua Harriers) 33:30.
- Samuel Mandlazi (Outeniqua Harriers) 38:50.
Vroue (40 - 49)
- Jeanette van den Berg (Outeniqua Harriers) 43:42.
- Kristy Weir (Nedbank) 45:57.
Mans (50 - 59)
- Kobus Boshoff (Outeniqua Harriers) 42:33.
- Eddie Mouton (Nedbank) 43:42
Vroue (50 - 59)
- Sannette de Waal (Nedbank) 55:21.
- Karin van Reene (Outeniqua Harriers) 56:11.
Mans (60 - 69)
- Anton Chevalier (Langeberg) 45:36.
- Patrick Basson (Nedbank) 55:49.
Vroue (60 - 69)
- Ann Taljaard (32GI SWD) 1:22:32.
- Denise Marais (Brackenfell) 1:22:33.
Mans (70 - 79)
- Desmond Klein (Outeniqua Harriers) 1:00:13.
- Stewart Stiles (Outeniqua Harriers) 1:02:42.
Vroue (70 - 79)
- Saundria Visser (Iron Jawed Multi Sport Club) 1:19:42.
- Amanda de Villiers (Hartenbos Drawwers).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

