OUDTSHOORN NUUS - Die Parkrun-klub 100 het Saterdag 10 Maart 'n nuwe lid bygekry toe Garnett Wicomb sy 100ste Parkrun voltooi het.
'n Ongeregistreerde hardloper was Saterdag eerste oor die eindstreep in die 151ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed, waaraan 75 hardlopers en stappers deelgeneem het.
Greens Groenewald was tweede met 'n tyd van 19 minute 47 sekondes, Henry Carstens derde in 21 minute 29 sekondes en Linelle Groenewald, vierde en eerste vrou oor die eindstreep met 'n tyd van 23 minute 43 sekondes.
Hierna het gevolg Annemarie Erasmus (24:17), Jandré Stoman (25:07), Leon Lareman (25:16), Andrew Els (25:19), Jaco Erasmus (25:19) en Francois le Roux (25:43).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'