OUDTSHOORN NUUS - Francois Verwey het in minder as twee weke met drie oorwinnings in padwedlope op Oudts-hoorn weggestap.
Maandag 11 September hardloop hy die 5 km-Nedbank-tydtoets in die vinnigste tyd van 21:17 en 'n week later, Maandag 18 September, verbeter hy die tyd deur in 21:00 oor die eindstreep te hardloop.
Tussen die twee tydtoetse durf hy die Ostrich Kick 9 km-pretdraf op Saterdag 16 September aan en in 'n tyd van 41:43 wen hy dié uitmergelende pretdraf.
Kort op Verwey se hakke, Maandag 11 September, was Teresa Bester (21:59), Reinette Serfontein (22:11) en Graham Jonkers (24:26).
Maandag 18 September is hy gejaag deur André du Preez (21:11), Zani Smith (24:12), Graham Jonkers (24:32), Lampies Lamprecht (27:15) en Bart Saayman (27:53).
Nog twee Oudtshoorn-atlete (Nedbank-atletiekklub) wat die afgelope naweek presteer het, is Anel van Wyk en John April.
Van Wyk (3:08:01) en April (2:30:15) het geskitter in die 42,2km Sanlam-marathon in Kaapstad.
Vir Linda Smit (60+) was dit ook haar eerste marathon om te voltooi.
Die onderskeie 3 km-tydtoetse se uitslae is:
Maandag 11 September
Pat Mario Meyer (12:43), Yamkela Xakani (12:44), Linelle Groenewald (13:33), Greens Groenewald (14:04), Henry Carsens (14:24), Lian Verwey (15:52), Stephnie McKay (16:16), Alisha Verwey (16;27), Yvette Alberts (16:59), Stephan McKay (17:12), Linda Smit (19:49), Anita van Vuuren (25:47), Linda Lamprecht (25:47), Trix de Villiers (28:54) en Johanna Jooste (28:55).
Linda Smit (60+) het haar eerste marathon om te voltooi - die 42,2 km Sanlam-marathon in Kaapstad.
Dinsdag 18 September
Teresa Bester (12:48), Greens Groenewald (13;41), Francois Goosen (13:42), Henry Carstens (15:35), Yvette Albertes (16:51), Stephan McKay (17:06), Charlotte Bothma (18:11), Iona du Plessis (18:11), Lian Verwey (18:26),
Alisha Verwey (18:36), Reinette Serfontein (21:41), Linda Lamprecht (25:03), Susan le Grange (25:03), Anita van Vuuren (25:04), Cobie Fourie (25:04) en Trix de Villiers (25:26).
Lees 'n vorige artikel: Verwey wen 3 in 'n ry
ARTIKEL EN FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'