OUDTSHOORN NUUSFLITS - Francois Verwey het in minder as twee weke met drie oorwinnings in padwedlope op Oudtshoorn weggestap.
Maandag 11 September hardloop hy die 5 km-Nedbank-tydtoets in die vinnigste tyd van 21:17 en 'n week later, Maandag 18 September, verbeter hy die tyd deur in 21:00 oor die eindstreep te hardloop.
Tussen die twee tydtoetse durf hy die Ostrich Kick 9 km-pretdraf op Saterdag 16 September aan en in 'n tyd van 41:43 wen hy dié uitmergelende pretdraf.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'