OUDTSHOORN NUUS - Die ASWD en Eden Hoërskool Kampioenskappe vind die naweek in Oudtshoorn plaas.
Topatlete van die streek ding teen mekaar mee.
Die kampioenskappe het reeds Woensdag in George met die paalspring- en hamergooi-items begin.
Die res van die byeenkoms verskuif Vrydag 28 Februarie en Saterdag 1 Maart na die De Jager-sportkompleks in Oudtshoorn, waar atlete in verskeie baan- en velditems sal deelneem.
Volgens Jannie Nel van Eden Athlete Management Services (EAMS) neem 'n indrukwekkende 935 atlete aan die kampioenskappe deel, met 'n totaal van 1 474 items wat oor die twee dae afgehandel word.
Die program vir Vrydag begin om 15:00, terwyl Saterdag se byeenkoms reeds 07:30 afskop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’