OUDTSHOORN NUUSFLITS - Met 33 atlete wat aan die week se Nedbank-atletieklubtydtoetse deelgeneem het, was die fokus grotendeels op die 3 km-atlete.
Slegs vyf van die 33 atlete het Maandag 2 Oktober die 5 km-tydtoets afgelê. Francois Verwey het dié tydtoets in die vinnigste tyd van 21:35 voltooi.
Hy is gevolg deur Etienne Plaatjies (21:50), Ruan Munn (27:33), Iona du Plessis (30:23) en Christa du Plessis (30:23).
Met gelukstrekkings op die spel, by die eindpunt, het beide tydtoetse in 'n feestelike atmosfeer plaasgevind.
Francois Maquassa (11:24) het die vinnigste tyd gehardloop in die 3 km-tydtoets. Kort op sy hakke was Francis Njanyana (11:42), met Pat Mario Meyer (11:53) derde.
Francois Verwey en Theresa Bester kort na die wegspring.
ARTIKEL EN FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'